Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:34-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

34. en vrugbare landerye in brakgrond,weens die kwaad van die inwoners.

35. Maar Hy verander ookwoestyne in waterryke vleie,droë grond in fonteinryke plekke

36. waar Hy hongeriges laat blywat stede kan bou om in te woon.

37. Hulle bewerk lande, en plant wingerdewat goeie oeste oplewer.

38. Hy seën hulle en hulle vermeerder;ook hulle beeste laat Hy nie verminder nie.

39. Wanneer hulle verminder en kwyn,deur verdrukking, onheil en verdriet,

40. tref Hy hulle leiers met vernederingsodat hulle rondswerfin ’n woesteny sonder ’n pad.

41. Maar die armes in noodbeskerm Hy,en Hy maak hulle nageslagso talryk soos troppe vee.

42. Die opregtes sal dit sienen bly wees,maar al die goddelosessal stom word.

43. Laat dié wat verstandig isdit ter harte neem,en hulle aandag vestigop die trou van die Here.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107