Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:8-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Tog het Hy hulle geredter wille van die eer van sy Naam,om sy mag bekend te maak.

9. Op sy bevelhet die Rietsee opgedroogsodat Israel op die seebodem kon trek.Dit was so droog soos ’n woestyn.

10. Uit die vyand se mag het Hy hulle gereden hulle uit hulle teenstanders se mag verlos.

11. Water het toe hulle vyandebedek.Nie een van hulle het dit oorleef nie.

12. Toe eers het Israel sy beloftes gegloen het hulle sy lof besing.

13. Tog het hulle gou sy dade vergeeten nie op sy leiding gewag nie.

14. In die woestynhet hulle begeertes opgevlam.In die wildernishet hulle God se geduld beproef.

15. Hy het gegee wat hulle gevra het,maar hulle ook getref met ’n siekte.

16. In die kamp was hulle jaloers op Moses,en ook Aäron, wat aan die Here gewy was.

17. Die aarde het oopgegaan,Datan ingesluk,en Abiram en sy bende begrawe.

18. Onder die bende het vuur gewoed,vlamme het die bose mense verteer.

19. By Horebhet hulle ’n kalf gemaak,en ’n beeld van metaal aanbid.

20. Hulle roemryke God het hulle verruilvir die beeld van ’n beeswat gras vreet.

21. Hulle het God vergeet, hulle redderwat in Egipte groot dinge gedoen het:

22. wonderlike dingein die land Egipte,ontsagwekkende dade by die Rietsee.

23. Hy het gesê Hy sou hulle vernietig,maar Moses, sy uitverkorene,het vir die volk in die bres getreeen gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106