Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:39-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

39. Hierdie dade het hulle onrein gemaak,net soos iemand wat egbreuk pleeg.

40. Die Here se toornhet teen sy volk ontbrand,en Hy het sy eie volk verafsku.

41. Hy het hulle oorgegee aan die nasies;hulle haters het oor hulle geheers.

42. Hulle vyandehet hulle verdruken aan hulle mag onderwerp.

43. Baie kere het Hy sy volk verlos,maar hulle het opstandig geblyen verder in hulle sondes weggesink.

44. Tog het Hy hulle ellende raakgesien,en geluister na hulle hulpgeroep.

45. Hy het gedinkaan sy verbond met hulle,en Hy was genadigop grond van sy onfeilbare liefde.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106