Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:33-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Hulle het hom opstandig gemaaksodat hy onbesonne dinge gesê het.

34. Israel het nie die nasies uitgeroeisoos die Herehulle beveel het nie

35. en het eerder met die nasies vermengen hulle bose gewoontes aangeleer.

36. Hulle het die nasies se afgode vereer,en dit het vir hulle ’n strik geword.

37. Hulle het hulle seuns en dogtersaan demone geoffer.

38. Hulle het onskuldige bloedvergiet,bloed van hulle seuns en dogterswat hulle geoffer hetaan die afgodsbeelde van Kanaän,en so die land met bloed bevlek.

39. Hierdie dade het hulle onrein gemaak,net soos iemand wat egbreuk pleeg.

40. Die Here se toornhet teen sy volk ontbrand,en Hy het sy eie volk verafsku.

41. Hy het hulle oorgegee aan die nasies;hulle haters het oor hulle geheers.

42. Hulle vyandehet hulle verdruken aan hulle mag onderwerp.

43. Baie kere het Hy sy volk verlos,maar hulle het opstandig geblyen verder in hulle sondes weggesink.

44. Tog het Hy hulle ellende raakgesien,en geluister na hulle hulpgeroep.

45. Hy het gedinkaan sy verbond met hulle,en Hy was genadigop grond van sy onfeilbare liefde.

46. Hy het bewerk dat hulle veroweraarshulle met medelye behandel het.

47. Here ons God, red ons!Versamel ons weer uit die nasiessodat ons u heilige Naam kan prys,in U bly kan wees, en U kan loof.

48. Geseënd is die Here, God van Israel,van ewigheid tot ewigheid!Laat die hele volk sê: “Amen!”Prys die Here!

Lees volledige hoofstuk Psalms 106