Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:32-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

32. By die waters van Meribahet hulle die Herekwaad gemaak,en so het hulle vir Mosesernstige probleme besorg.

33. Hulle het hom opstandig gemaaksodat hy onbesonne dinge gesê het.

34. Israel het nie die nasies uitgeroeisoos die Herehulle beveel het nie

35. en het eerder met die nasies vermengen hulle bose gewoontes aangeleer.

36. Hulle het die nasies se afgode vereer,en dit het vir hulle ’n strik geword.

37. Hulle het hulle seuns en dogtersaan demone geoffer.

38. Hulle het onskuldige bloedvergiet,bloed van hulle seuns en dogterswat hulle geoffer hetaan die afgodsbeelde van Kanaän,en so die land met bloed bevlek.

39. Hierdie dade het hulle onrein gemaak,net soos iemand wat egbreuk pleeg.

40. Die Here se toornhet teen sy volk ontbrand,en Hy het sy eie volk verafsku.

41. Hy het hulle oorgegee aan die nasies;hulle haters het oor hulle geheers.

42. Hulle vyandehet hulle verdruken aan hulle mag onderwerp.

43. Baie kere het Hy sy volk verlos,maar hulle het opstandig geblyen verder in hulle sondes weggesink.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106