Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:29-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Met hulle dade het hulle Hom getartsodat ’n plaag hulle getref het.

30. Maar Pinehas het tussenbeide getree,en so is die plaag gestuit.

31. Hy is beskou as ’n regverdige man,geslag na geslag, vir altyd.

32. By die waters van Meribahet hulle die Herekwaad gemaak,en so het hulle vir Mosesernstige probleme besorg.

33. Hulle het hom opstandig gemaaksodat hy onbesonne dinge gesê het.

34. Israel het nie die nasies uitgeroeisoos die Herehulle beveel het nie

35. en het eerder met die nasies vermengen hulle bose gewoontes aangeleer.

36. Hulle het die nasies se afgode vereer,en dit het vir hulle ’n strik geword.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106