Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:24-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

24. Maar die volk het die vrugbare land verwerp,en nie sy beloftes geglo nie.

25. Hulle het in hulle tente geklaen nie na die Heregeluister nie.

26. Daarom het Hy ’n eed afgelêdat Hy hulle in die woestyn sal laat omkom,

27. dat hulle nakomelingeonder die nasies sou sterf,en oor die aarde verstrooi sou word.

28. Maar hulle het Baäl-Peor vereeren geëet van die offerswat aan dooie afgode gewy is.

29. Met hulle dade het hulle Hom getartsodat ’n plaag hulle getref het.

30. Maar Pinehas het tussenbeide getree,en so is die plaag gestuit.

31. Hy is beskou as ’n regverdige man,geslag na geslag, vir altyd.

32. By die waters van Meribahet hulle die Herekwaad gemaak,en so het hulle vir Mosesernstige probleme besorg.

33. Hulle het hom opstandig gemaaksodat hy onbesonne dinge gesê het.

34. Israel het nie die nasies uitgeroeisoos die Herehulle beveel het nie

35. en het eerder met die nasies vermengen hulle bose gewoontes aangeleer.

36. Hulle het die nasies se afgode vereer,en dit het vir hulle ’n strik geword.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106