Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Wie kan die magtige dadevan die Here beskryf,of sy lof ten volle bekendmaak?

3. Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskieden wat altyd doen wat reg is.

4. Dink aan my, Here,wanneer U aan u volk guns bewys;kom my met u redding tot hulp

5. sodat ek deel kan hê aan die voorspoedvan u uitverkorenes,my verheug in die vreugde van u nasie,en U loof saam met u eie volk.

6. Ons en ons voorouers het gesondig.Ons het oortree en is skuldig.

7. In Egipte het ons voorouersdie Here se wondersgering geag,en sy baie dade van goedheid vergeet.By die Rietsee het hulle teen Hom in opstand gekom.

8. Tog het Hy hulle geredter wille van die eer van sy Naam,om sy mag bekend te maak.

9. Op sy bevelhet die Rietsee opgedroogsodat Israel op die seebodem kon trek.Dit was so droog soos ’n woestyn.

10. Uit die vyand se mag het Hy hulle gereden hulle uit hulle teenstanders se mag verlos.

11. Water het toe hulle vyandebedek.Nie een van hulle het dit oorleef nie.

12. Toe eers het Israel sy beloftes gegloen het hulle sy lof besing.

13. Tog het hulle gou sy dade vergeeten nie op sy leiding gewag nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106