Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Onder die bende het vuur gewoed,vlamme het die bose mense verteer.

19. By Horebhet hulle ’n kalf gemaak,en ’n beeld van metaal aanbid.

20. Hulle roemryke God het hulle verruilvir die beeld van ’n beeswat gras vreet.

21. Hulle het God vergeet, hulle redderwat in Egipte groot dinge gedoen het:

22. wonderlike dingein die land Egipte,ontsagwekkende dade by die Rietsee.

23. Hy het gesê Hy sou hulle vernietig,maar Moses, sy uitverkorene,het vir die volk in die bres getreeen gepleit dat God hulle nie in sy toorn vernietig nie.

24. Maar die volk het die vrugbare land verwerp,en nie sy beloftes geglo nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106