Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 106:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Dank die Here, want Hy is goed!Sy trou ken geen einde nie.

2. Wie kan die magtige dadevan die Here beskryf,of sy lof ten volle bekendmaak?

3. Gelukkig is hy wat geregtigheid laat geskieden wat altyd doen wat reg is.

4. Dink aan my, Here,wanneer U aan u volk guns bewys;kom my met u redding tot hulp

5. sodat ek deel kan hê aan die voorspoedvan u uitverkorenes,my verheug in die vreugde van u nasie,en U loof saam met u eie volk.

Lees volledige hoofstuk Psalms 106