5. Dink aan sy wonderdade,sy tekens en sy regspraak.
6. Kinders van Abraham, sy dienaar,nakomelinge van Jakob,God se uitverkorenes.
7. Hy is die Here ons God.Sy uitsprake is oor die hele aarde.
8. Hy sal sy verbond altyd onthou,die bepalings wat Hy beveel hetvir duisend geslagte,
9. die verbondmet Abraham gesluiten sy eed aan Isak.
10. Hy het dit aan Jakob bevestigas ’n vaste bepaling,aan Israel as ’n voortdurende verbond:
11. “Ek gee die land Kanaän vir jouas jou eie besitting.”
12. Toe hulle maar min was,’n klein groepie menseen vreemdelinge in die land,
13. het hulle rondgetrek tussen die volke,van een koninkryk na die ander.
14. Hy het nie toegelaatdat hulle verdruk word nie.Ter wille van hulle,het Hy konings gewaarsku:
15. “Moenie my gesalfdes aanraak,en my profete kwaad aandoen nie.”
16. Hy het ’n hongersnoodoor die land gebring,en hulle kosvoorrade laat opraak.
17. Hy het iemand vooruitgestuur:Josef, wat verkoop is as slaaf.
18. Sy voete het hulle in boeie gedwing,en sy nek in ’n ysterhalsband gesit
19. tot sy woord waar geword het,en die Here se woord hom reg bewys het.