Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 105:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Dank die Here, maak sy Naam bekend!Maak sy dade bekend aan die nasies.

2. Sing vir Hom, sing tot sy eer!Vertel van sy wonderdade aan almal.

3. Roem sy heilige Naam.Wees bly, dienaars van die Here!

4. Vra na die Here en sy krag,hou aan om Hom te soek.

5. Dink aan sy wonderdade,sy tekens en sy regspraak.

6. Kinders van Abraham, sy dienaar,nakomelinge van Jakob,God se uitverkorenes.

7. Hy is die Here ons God.Sy uitsprake is oor die hele aarde.

8. Hy sal sy verbond altyd onthou,die bepalings wat Hy beveel hetvir duisend geslagte,

9. die verbondmet Abraham gesluiten sy eed aan Isak.

10. Hy het dit aan Jakob bevestigas ’n vaste bepaling,aan Israel as ’n voortdurende verbond:

11. “Ek gee die land Kanaän vir jouas jou eie besitting.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 105