Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:9-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. U het vir die waters’n perk gestel wat hulle nie mag oortree nie, sodat hullenie die aarde oorspoel nie.

10. U laat fonteine water stort in klowe,wat stroom tussen die berge deur.

11. Daar drink elke dier van die veld,selfs wildedonkies les hulle dors.

12. Die voëls van die hemel maak nes langs die stromeen sing tussen die bome se takke.

13. Uit u hemelwoonplek laat U reën op berge,U vul die aarde met die vrugte wat U laat groei.

14. U laat gras groei vir die beeste,en plante vir die mens,kos wat uit die aarde voortkom,

15. wyn om harte bly te maak,olie om die gesig te versorg,en brood om krag te voorsien.

16. Die bome van die Herekry volop reën,hierdie seders van die Libanonwat Hy geplant het.

17. Daar maak die voëls hulle neste,en bou die ooievaar sy nesin die toppe van hoë bome.

18. Die hoë berge is vir die klipbokke,en die rotse ’n skuilplek vir dassies.

19. Die maan het Hy gemaakom seisoene aan te dui,en die son weetwanneer om onder te gaan.

20. U stuur duisternis, en dit word nag,al die diere van die bos sluip rond.

21. Dan brul die leeus op soek na prooi;ook hulle vra kos van God.

22. Teen dagbreek sluip hulle wegom by hulle lêplekke te rus.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104