Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:26-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

26. Daar is die skepe wat oral rondvaar;en ook die Leviatan,wat U gemaak het om mee te speel.

27. Elkeen van hulle reken op Uom kos te gee volgens behoefte.

28. U gee vir hulle, hulle versamel dit.U maak u hand oop,met die goeie word hulle versadig.

29. As U U onttrek, is hulle verskrik.Neem U hulle asem weg,dan sterf hulle en word weer stof.

30. U stuur u lewensasem,en lewe word geskep.Uit die grondlaat U nuwe lewe spruit.

31. Mag die heerlikheid van die Herevir altyd duur!Mag die Here Hom verheugin al sy werke!

32. Hy kyk na die aarde, en dit skud;Hy raak aan die berge, en dit brand.

33. Lewenslank sal ek die Here besing,en God prys met my laaste asem.

34. Mag my gedagtesHom verheug,want ek is bly in die Here.

35. Mag sondaarsvan die aarde af verdwyn;mag die goddelosesnie meer bestaan nie.Wat my betref, ek wil die Here loof!Prys die Here!

Lees volledige hoofstuk Psalms 104