Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:15-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. wyn om harte bly te maak,olie om die gesig te versorg,en brood om krag te voorsien.

16. Die bome van die Herekry volop reën,hierdie seders van die Libanonwat Hy geplant het.

17. Daar maak die voëls hulle neste,en bou die ooievaar sy nesin die toppe van hoë bome.

18. Die hoë berge is vir die klipbokke,en die rotse ’n skuilplek vir dassies.

19. Die maan het Hy gemaakom seisoene aan te dui,en die son weetwanneer om onder te gaan.

20. U stuur duisternis, en dit word nag,al die diere van die bos sluip rond.

21. Dan brul die leeus op soek na prooi;ook hulle vra kos van God.

22. Teen dagbreek sluip hulle wegom by hulle lêplekke te rus.

23. Dan gaan die mens na sy werken arbei tot die aand.

24. Here, hoe baie is u werke!U het alles met wysheid gemaak.Die aarde is vol van u skepsels.

25. Daar is die oseaan, groot en wyd.Dit wemel van diere,lewende wesens, groot en klein.

26. Daar is die skepe wat oral rondvaar;en ook die Leviatan,wat U gemaak het om mee te speel.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104