Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek wil die Here prys!Here my God, hoe geweldig groot is U!U is beklee met majesteit en eer,

2. bedek met ’n mantel van lig.U span die hemelkoepel soos ’n tent;

3. U bou u woning in die waters daarbo.U maak die wolke u strydwa.U ry op die vlerke van die wind.

4. Die winde is u boodskappers,die weerligstrale u dienaars.

5. U vestig die aarde op sy fondamentesodat dit nooit sal bewe nie.

6. Diepwatershet dit soos ’n kleed bedek,water het bo-oor die berge gestaan.

7. U bevel het die water laat wegvlug;u magtige stem het hulle laat vlug.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104