Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 103:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Die mens se lewensduur is soos gras,soos veldblomme wat welig blom.

16. As die wind daaroor waai, is dit weg,’n mens sien die plek waar dit was nie meer nie.

17. Maar die liefde van die Hereis altyd daar vir hulle wat Hom dien.Sy trou geld vir geslag na geslag,

18. vir dié wat getrou is aan sy verbonden sy gebooie gehoorsaam.

19. Die Here het sy troonin die hemel gevestig;Hy heers oor almal.

20. Prys die Here, julle magtige engele,julle wesens wat sy woord uitvoer,wat luister na sy woord!

21. Ja, prys die Here, sy hemelse leërmagtewat Hom dien en sy wil uitvoer!

22. Prys die Here, al sy skeppingswerke,oral in sy koninkryk.Ek wil die Here prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 103