Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Want u dienaars het elke klip daarvan lief,en ontferm hulle selfs oor die puin.

16. Nasies sal die Here se Naam vereer,die konings van die aarde, u mag.

17. Wanneer die Here Jerusalem herbou,sal Hy verskyn in sy heerlikheid,

18. sal Hy luister na behoeftiges se gebede,en hulle pleidooi nie verwerp nie.

19. Dit moet opgeskryf wordvir geslagte wat komsodat ’n volk wat nog geskep sal word,die Here sal prys.

20. Vanuit sy hemelse heiligdomhet Hy neergekyk.Die Here het vanuit die hemelna die aarde gekyk

21. om te luister na die smekingevan mense in tronke;om hulle wat veroordeel is,te red van die dood,

22. sodat hulle die Naam van die Herein Sion sal verkondig,en sy lofsange in Jerusalem,

23. wanneer skares bymekaarkom,en koninkryke komom die Here te dien.

24. In my jeug het Hy my krag gebreek,Hy het my dae verkort.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102