Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:10-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Ek eet as in plaas van kos.My trane meng met wat ek drink

11. weens u gramskap en u toorn.Ja, U het my opgetel en my weggegooi.

12. My lewe is soos ’n skaduweewat langer word.Ek is verskrompeld soos gras.

13. Maar U, Here, sal vir altyd regeer.U bly onthou van geslag tot geslag.

14. U sal verskyn en U oor Sion ontferm,want dis tyd om genadig te wees;die bestemde tyd het aangebreek.

15. Want u dienaars het elke klip daarvan lief,en ontferm hulle selfs oor die puin.

16. Nasies sal die Here se Naam vereer,die konings van die aarde, u mag.

17. Wanneer die Here Jerusalem herbou,sal Hy verskyn in sy heerlikheid,

18. sal Hy luister na behoeftiges se gebede,en hulle pleidooi nie verwerp nie.

19. Dit moet opgeskryf wordvir geslagte wat komsodat ’n volk wat nog geskep sal word,die Here sal prys.

20. Vanuit sy hemelse heiligdomhet Hy neergekyk.Die Here het vanuit die hemelna die aarde gekyk

21. om te luister na die smekingevan mense in tronke;om hulle wat veroordeel is,te red van die dood,

22. sodat hulle die Naam van die Herein Sion sal verkondig,en sy lofsange in Jerusalem,

23. wanneer skares bymekaarkom,en koninkryke komom die Here te dien.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102