Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 10:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Here,waarom staan U so ver weg?Hoekom verberg U Uselfin tye van nood?

2. Bose mense vol verwaandheidvervolg die ellendiges.Laat hulle gevang word in die plannewat hulle vir ander bedink.

3. Want die goddelose spogmet sy bose begeertes;hy seën die inhaligesen vervloek die Here.

4. Hierdie bose mens is te trotsom God te soek.In al sy beplanningsis daar geen plek vir God nie.

5. Hy is suksesvol in alles wat hy doen.U oordele is vir hom buite sig.Minagtend lag hy oor al sy vyande.

6. Hy sê vir homself:“Geen onheil sal my ooit tref nie!Geslag na geslagsal ek vry wees van rampe!”

7. Sy mond is vol vervloeking,leuens en geweld,onheil en boosheid is op sy tong.

8. Hy lê in ’n hinderlaag by die dorpeom mense in die geheim te vermoor,hy bly op die uitkykna onskuldige slagoffers.

9. Hy lê doodstil in ’n hinderlaagsoos ’n leeu in sy lêplek,hy wag in die hinderlaag om hulpeloses aan te val.Hy vang die ellendiges en trek hulle met sy net.

10. Die hulpelose is oorrompelen stort ineen;hy val onder die aanslagvan die kwaadwilliges.

11. Hy wat kwaad doen, sê vir homself:“God het vergeet,Hy kyk tog nieen sal dit nooit raaksien nie!”

Lees volledige hoofstuk Psalms 10