Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 9:13-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Ek het ook hierdie wysheid onder die son gesien,en dit was vir my merkwaardig:

14. Daar was ’n dorpie met min mense. ’n Groot koning het die dorpie beleër en groot beleëringstellasies daarteen gebou.

15. Daar was ’n arm man wat baie wys was.Hy het die stad met sy wysheid gered. Maar agterna het niemand die arm man onthou nie.

16. Toe het ek besef: Wysheid is beter as krag,maar die wysheid van die armeword geminag,en niemand luister na wat hy sê nie.

17. Tog word die rustige woorde van die wyse beter gehoor as die harde geskreeu van ’n koning wat oor dwase regeer.

18. Wysheid is meer werd as oorlogswapens.Maar een persoon wat fouteer, kan baie wat goed is, bederf.

Lees volledige hoofstuk Prediker 9