Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 8:10-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Ek het gesien slegte mensekom nader en gaan in,terwyl dié wat reg gehandel het,moet uitgaan uit die heilige pleken in die stad vergeet word.Ook dit is sinloos.

11. As ’n misdaad nie dadelik gestraf word nie, is mense se harte vol planneom verkeerd te doen,

12. want ’n sondaarkan honderd keer kwaad doenen nogtans lank leef,alhoewel ek weet: Met die vromes wat vir God ontsag het,sal dit goed gaan.

13. Maar die goddelose wat nie ontsag het vir God nie, sal nie voorspoedig wees nie.Hy sal nie sy dae verleng soos ’n skaduwee nie.

14. Daar is nog iets sinloos wat op aarde gebeur:Goeie mense beleef wat slegte mense verdien.En slegte mense kry wat goeie mense verdien.Ook dit is sinloos, sê ek!

15. Daarom raai ek mense aan om die lewe te geniet.Vir die mens is daar niks goeds onder die son nie,behalwe om te eet en te drinken vrolik te wees, en dat vreugde hom begelei onder al sy geswoeg tydens die lengte van sy lewewat God hom onder die son gee.

16. Toe ek my daarop toegelê het om vas te stel wat wysheid is en te begryp wat op die aarde gedoen word sonder dat mense dag of nag tot rus kom,

17. het ek al die werk van God gesien, en verstaandat die mens nie in staat isom wat onder die son gebeurte verstaan nie.Hoe hy hom ook al inspan en soek,hy kan dit nie verstaan nie,al sê die wyse hy weet.

Lees volledige hoofstuk Prediker 8