Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 4:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek het weer al die verdrukking gesien wat onder die son gedoen word.Die verdruktes huil, maar niemand vertroos hulle nie.Ja, daar is niemand wat help nie, en hulle verdrukkers was baie sterk.

2. Daarom het ek gedink mense wat reeds dood is, is gelukkiger as dié wat nog lewe.

3. Die gelukkigste van almal is mense wat nog nie gebore is en nie die onreg gesien het wat onder die son gedoen word nie.

4. Ek het toe opgemerk dat die meeste mensese moeitevolle arbeid gemotiveer worddeur afguns op ander mense. En dis ook alles sinloos, ’n blote gejaag na wind.

Lees volledige hoofstuk Prediker 4