Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:2-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. ’n Tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf.’n Tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is.

3. ’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak.’n Tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou.

4. ’n Tyd om te huil en ’n tyd om te lag.’n Tyd om te treur en ’n tyd om van vreugde te dans.

5. ’n Tyd om jou saad te saai en ’n tyd om jou saad terug te hou.’n Tyd om te omhels en ’n tyd om weg te bly van omhelsing.

6. ’n Tyd om te soeken ’n tyd om te verloor.’n Tyd om op te pas en ’n tyd om weg te gooi.

7. ’n Tyd om te skeur en ’n tyd om vas te werk.’n Tyd om stil te bly en ’n tyd om te praat.

8. ’n Tyd om lief te hê en ’n tyd om te haat.’n Tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.

9. Watter voordeel is daar vir die een wat iets doenwat hom vermoei?

10. Ek het nagedink oor die taakwaarmee God die mens belas.

11. Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens’n visie gegee van die ewigheid.Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end,verstaan nie.

12. Ek het besef daar is vir mense niks beter nie as om vrolik te weesen tydens sy lewe die goeie te geniet.

Lees volledige hoofstuk Prediker 3