Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:13-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Mense moet eet en drink en onder al hul moeitenog die goeie kan geniet. Dit is geskenke van God.

14. Ek weet alles wat God doen, is vir ewig.Niemand kan daar iets byvoeg of daar iets van wegneem nie.God doen dit sodat die mens Hom sal eer.

15. Wat is, was reeds.Wat nog sal wees, was ook alreeds, God soek dít opwat alreeds verby is.

16. Ek het nog iets onder die son opgemerk: In die plek waar reg moet wees,was daar onreg.In die plek waar daargeregtigheid moes wees, was daar boosheid.

17. Toe het ek by myself gedink: “God spreek reg oor die regverdige en goddelose,want daar is ’n tyd vir elke saak, ook vir alles wat gedoen word.”

18. Ek het besef God laat mense toe om in hulle boosheid te volhard, want Hy toets hulle.So kan hulle insien dat hulle niks beter isas diere nie.

19. Die mens se lot is dieselfdeas die dier s’n.Die een gaan dood, nes die ander. Hulle deel dieselfde asem. Die mens het geen voordeel bo diere nie, want alles is sinloos.

20. Almal gaan na dieselfde plek.Hulle kom uit die stof en hulle word weer stof.

21. Wie weet of die asem van die mens boontoe gaan en diere se asem afgaan na die aarde toe?

22. Ja, ek het agtergekom dat daar niks beter is nie as dat mense gelukkig isin hulle werk.Dit kom die mens toe.Wie kan hom laat weet wat ná hom sal gebeur?

Lees volledige hoofstuk Prediker 3