Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 3:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Daar is ’n vaste tyd vir alles,elke ding onder die son het sy tyd:

2. ’n Tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterf.’n Tyd om te plant en ’n tyd om uit te ruk wat geplant is.

3. ’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak.’n Tyd om af te breek en ’n tyd om op te bou.

4. ’n Tyd om te huil en ’n tyd om te lag.’n Tyd om te treur en ’n tyd om van vreugde te dans.

5. ’n Tyd om jou saad te saai en ’n tyd om jou saad terug te hou.’n Tyd om te omhels en ’n tyd om weg te bly van omhelsing.

Lees volledige hoofstuk Prediker 3