Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 2:15-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. “As my lot dieselfde is as dié van dwase, wat is die sin om wys te wees?” het ek my afgevra.Ek het besef dit is ook alles sinloos.

16. Want die wyse mens en die dwaas gaan albei dood,en niemand onthou hulle nie.In die toekoms word albei vergeet!

17. Ek was nie meer lus om te lewe nie,want wat onder die son gedoen word, het my teleurgestel.Alles is sinloos en ’n blote gejaag na wind.

18. Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreldhard gewerk het,want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.

19. En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het.Dit alles is dus sinloos!

20. Ek het dus opgehou om myself tot wanhoop te dryfoor alles waarmee ek met soveel moeite onder die sonmy besig gehou het.

21. Want ’n mens wat met wysheid en bekwaamheidgewerk het,moet sy besittings oorgee aan iemandwat nie daarvoor gewerk het nie.Dis alles sinloos en vrugteloos!

22. Wat kry die mens vir al sy harde werk waarmee hy hom met soveel ywer onder die son vermoei?

23. Sy hele lewe is vol pyn en leed.En alles wat hy onderneem, is verdriet.Selfs in die nagkry hy nie rus nie.Ook dit is alles sinloos.

24. Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie.Ek het besef dit is ’n gawe wat uit God se hand kom.

Lees volledige hoofstuk Prediker 2