Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 10:15-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. ’n Dwaas se werk maak hom moeg.Hy weet nie eers hoe om by sy stad te kom nie.

16. Rampe is die lot van die landwaar ’n slaaf koning is en sy amptenare vroegdag begin feesvier.

17. Gelukkig is die landwie se koning ’n edelman isen wie se amptenare op die regte tyd feesviermet selfbeheersing, en nie met dronkenskap nie.

18. Luiheid laat balke insak; slap hande laat die dak lek.

19. ’n Fees is daar om te lag.Wyn laat mense gelukkig voel,maar geld betaal vir alles.

20. Moenie sleg praat van die koning nie, nie eens in jou gedagtes nie.En moenie ryk mense vloek nie, nie eensin jou slaapkamer nie.Die voëls kan oorvertel wat jy sê,hulle wat vlerke het, kan jou woorde oordra.

Lees volledige hoofstuk Prediker 10