Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1:3-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Jy is hooghartig omdat jy in ’n klipvesting woon en jou blyplek hoog in die berge is. Vol hoogmoed vra jy: ‘Wie sal ons ooit hierbo kan bereik?’ Maar moenie jouself bedrieg nie!

4. “Ek, die Here, sê: Al sweef jy so hoog soos arende en bou jy neste tussen die sterre,Ek sal jou met ’n slag aarde toe bring.

5. As diewe in die nag inbreek, vat hulle nie alles nie. Die mense wat druiwe pluk, los van die trossies oor. Maar jou vyande sal jou heeltemal uitwis!

6. Elke hoek en kant van Edom sal deursoek word. Alles wat waardevol is, sal gevat word.

7. Al jou bondgenote sal teen jou draai. Hulle sal help om jou uit jou eie land te verjaag. Hulle maak beloftes van vrede terwyl hulle jou ondergang beplan. Mense wat van jou afhanklik was, sal vir jou ’n lokval stel sonder dat jy enigiets vermoed.”

8. Die Here sê: “Die dag as dit gebeur, sal daar nie meer ’n enkele verstandige mens in die hele Edom oor wees nie! Ek sal al die slim en verstandige mense uitwis in die berggebiede vanEdom.

9. Jou dapper soldate uit Teman sal vreesbevange wees en al die mense bo in die berge van Edom sal doodgemaak word.”

10. “Hoekom sal dit gebeur? Omdat jy gewelddadig wasteenoor Israelwat eintlik jou bloedverwante is. Die vernedering daaroor sal jy vir altyd moet dra. Jy sal heeltemal uitgewis word.

11. Toe Israel ’n tyd beleef het toe hulp regtig nodig was, het jy jou bloedverwante in die steek gelaat. Jy het afsydig gestaan en toekyktoe vreemde invallers Jerusalem binnegeval het. Jy het nie ’n vinger gelig om te helptoe hulle rykdom weggedra en lootjies getrek het om die stad te verdeel nie. Jy het soos een van Israel se vyande opgetree.

12. Jy het verkeerd opgetree! Jy moes jou nie verlekker het toe hulle jou bloedverwante in ballingskap weggevoer hetna verafgeleë lande nie.Jy moes nie so bly gewees het oor die ongeluk wat hulle getref het nie. Dit was nie vir jou nodig om met minagting op hulle neer te sien oor hulle ellende nie.

13. Jy moes nie die poorte van my volk ingeval het terwyl so ’n groot ramp hulle getref het nie. Jy moes nie met genoegdoening toegekyk hetterwyl hulle ondergegaan het nie. Jy moes nie hulle goed gesteel het toe so ’n ramp hulle getref het nie.

14. Jy moes nie by die kruisings gaan staan het om die vlugtelinge dood te maak nie. Jy moes ook nie in hierdie rampspoedige tyd die oorlewendes van die aanval aan hulle vyande uitgelewer het nie.”

15. “Die dag is naby dat Ek, die Here, met die goddelose nasies sal afreken! Edom, soos jy met ander gemaak het, so sal met jou gedoen word. Jy sal terugbetaal wordvir alles wat jy aan ander gedoen het.

16. My volk moes op my heilige bergdie beker van straf drink.Net so sal jy en die nasies in die omgewing die straf moet drink wat Ek op julle gaan uitstort. Die nasies sal drink en rondslinger, totaal uit die geskiedenis verdwyn.Dit sal wees asof jullenooit bestaan het nie.

Lees volledige hoofstuk Obadja 1