Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:55-65 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

55. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

56. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

57. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

58. ’n bokram as sonde-offer,

59. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Gamliël, die seun van Pedasur, gebring het.

60. Op die negende dag het Abidan sy geskenke gebring. Hy was die seun van Gidoni en die leier van Benjamin.

61. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

62. Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring.

63. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

64. ’n bokram as sonde-offer,

65. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Abidan, die seun van Gidoni, gebring het.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7