Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:48-57 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

48. Op die sewende dag het Elisama sy geskenke gebring. Hy was die seun van Ammihud en die leier van Efraim.

49. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

50. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

51. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

52. ’n bokram as sonde-offer,

53. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Elisama, die seun van Ammihud, gebring het.

54. Op die agtste dag het Gamliël sy geskenke gebring. Hy was die seun van Pedasur en die leier van Manasse.

55. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

56. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

57. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

Lees volledige hoofstuk Numeri 7