Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 7:21-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

21. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

22. ook ’n bokram as sonde-offer,

23. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Netanel, seun van Suar, gebring het.

24. Op die derde dag het Eliab sy geskenke gebring. Hy was die seun van Gelon, en die leier van Sebulon.

25. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

26. Hy het ook ’n goue houer gebring van 115 gram vol wierook.

27. Daar was ook ’n jong bul en ’n jaaroud rammetjie vir brandoffers,

28. ’n bokram as sonde-offer,

29. twee osse, vyf ramme, vyf bokramme en vyf jaaroud lammers as vrede-offer. Dit was die geskenke wat Eliab, die seun van Gelon, gebring het.

30. Op die vierde dag het Elisur sy geskenke gebring. Hy was die seun van Sedeür en die leier van Ruben.

31. Sy geskenke was ’n silwerbord van een en ’n half kilogram en ’n silwerbak van 800 gram. Al twee was vol meel met olie gemeng as graanoffer.

32. Hy het ook ’n goue houer van 115 gram vol wierook gebring.

Lees volledige hoofstuk Numeri 7