Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het vir Moses gesê:

2. “Gee hierdie opdrag vir die Israeliete: Ek gee Kanaän vir jou as erfdeel. Wanneer julle in die land gekom het, moet dit die volgende grense hê:

3. In die suide loop die grens in die Negevgebied van die Sinwoestyn af tot by die grens met Edom. Dit begin oos van die Dooie See.

4. Dit draai dan suid van Skerpioenpas weg en loop deur tot by Sin. Daarvandaan gaan dit suid van Kades-Barnea af, deur Gasar-Addar en verby tot by Asmon.

5. Daar draai dit weg en loop met die Egiptespruit langs tot by die Middellandse See.

6. “Die kuslyn van die Middellandse See is julle westelike grens.

7. “Die noordelike grens begin by die Middellandse See en loop oos tot by Horberg.

8. Van daar af loop dit verby Lebo-Hamat en dan aan deur Sedad,

9. verby Sifron tot by Gasar-Enan. Dit is julle noordelike grens.

10. “Julle grens aan die ooste loop in ’n lyn van Gasar-Enan tot by Sefam.

11. Van Sefam loop dit na Ribla, oos van Ajin. Van daar af loop dit al met die oostelike oewer van die See van Galilea.

12. Van daar af gaan dit al langs die Jordaanrivier af tot by die Dooie See. Dit is die grense van julle land.”

13. Moses het vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot onder mekaar moet verdeel. Die Here het beveel dat dit tussen die res van die nege en ’n halwe stamme verdeel moet word.

Lees volledige hoofstuk Numeri 34