hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Israel se reis

1. Moses het die roete wat die Israeliete gevolg het nadat hulle uit Egipte weg is onder sy en Aäron se leiding

2. opgeteken. Hier volg van waar tot waar die Here hulle laat trek het:

3. Hulle is uit Rameses weg die oggend na die eerste Paasfees, die vyftiende van die eerste maand. Terwyl die Egiptenaars staan en kyk het, is hulle triomfantlik daar weg.

4. Die Egiptenaars was besig om hulle eersgeborenes te begrawe wat die Here die vorige nag om die lewe gebring het. Die Here het sy oordeel oor hulle gode voltrek.

5. Nadat hulle van Rameses weggetrek het, het hulle by Sukkot kamp opgeslaan.

6. Hulle is van Sukkot af weg en het kamp opgeslaan by Etam aan die rand van die woestyn.

7. Hulle het Etam verlaat, en is toe terug na Pi-Hagirot, teenoor Baäl-Sefon. Hulle het kamp opgeslaan by Migdol.

8. Hulle is van Pi-Hagirot weg en het deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Hulle het drie dae lank deur die Etamwoestyn getrek en toe by Mara kamp opgeslaan.

9. Hulle het Mara verlaat en by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar kamp opgeslaan.

10. Van Elim af het hulle teruggedraai en langs die Rietsee kamp opgeslaan.

11. Van die Rietsee af is hulle na die Sinwoestyn, waar hulle kamp opgeslaan het.

12. Hulle is van die Sinwoestyn af weg en het by Dofka kamp opgeslaan.

13. Hulle het Dofka verlaat en by Alus kamp opgeslaan.

14. Hulle is van Alus af weg en het by Refidim kamp opgeslaan. Daar was nie genoeg drinkwater vir die volk nie.

15. Hulle het Refidim verlaat en in die Sinaiwoestyn gaan kamp opslaan.

16. Hulle het uit die Sinaiwoestyn weggetrek en by Kibrot-Taäwa kamp gemaak.

17. Hulle het Kibrot-Taäwa verlaat en by Gaserot kamp opgeslaan.

18. Hulle is van Gaserot af weg en het by Ritma kamp opgeslaan.

19. Hulle het Ritma verlaat en by Rimmon-Peres kamp opgeslaan.

20. Hulle is van Rimmon-Peres af weg en het by Libna kamp opgeslaan.

21. Hulle het Libna verlaat en by Rissa kamp opgeslaan.

22. Ná hulle by Rissa weg is, het hulle by Kehelata kamp opgeslaan.

23. Hulle het Kehelata verlaat en by Har-Sefer kamp opgeslaan.

24. Van Har-Sefer is hulle weg en het by Garada kamp opgeslaan.

25. Hulle het Garada verlaat en by Makhelot kamp opgeslaan.

26. Hulle het Makhelot verlaat en by Tagat kamp opgeslaan.

27. Van Tagat af is hulle weg en het by Terag kamp opgeslaan.

28. Hulle het Terag verlaat en by Mitka kamp opgeslaan.

29. Ná hulle van Mitka af weg is, het hulle by Gasmona kamp opgeslaan.

30. Hulle het Gasmona verlaat en by Moserot kamp opgeslaan.

31. Hulle het Moserot agtergelaat en by Bene-Jaäkan kamp opgeslaan.

32. Hulle het Bene-Jaäkan verlaat en by Gor-Gidgad kamp opgeslaan.

33. Hulle het Gor-Gidgad agtergelaat en by Jotbata kamp opgeslaan.

34. Hulle het Jotbata verlaat en by Abrona kamp opgeslaan.

35. Ná hulle van Abrona weg is, het hulle by Esjon-Geber kamp opgeslaan.

36. Hulle het Esjon-Geber verlaat en by Kades in die Sinwoestyn kamp opgeslaan.

37. Ná hulle Kades verlaat het, het hulle by Horberg op die grens van Edom kamp opgeslaan.

38. Die Here het die priester Aäron beveel om teen Horberg uit te klim. Hy is daar dood in die middel van die somer, in die veertigste jaar ná Israel uit Egipte weg is.

39. Aäron was 123 jaar oud toe hy op Horberg dood is.

40. Die Kanaänitiese koning van Arad het in die Negevwoestyn in Kanaän gebly. Hy het gehoor dat die Israeliete aan die kom is.

41. Die Israeliete het intussen Horberg verlaat en by Salmona kamp opgeslaan.

42. Hulle is van Salmona af weg en het by Punon kamp opgeslaan.

43. Van Punon af is hulle na Obot waar hulle kamp opgeslaan het.

44. Hulle het Obot verlaat en by Ije-Abarim op die grens van Moab kamp opgeslaan.

45. Hulle is van Ije-Abarim af weg en het by Dibon-Gad kamp opgeslaan.

46. Hulle het Dibon-Gad verlaat en by Almon-Diblatajim kamp opgeslaan.

47. Van Almon-Diblatajim het hulle by die Abarimberge reg teenoor Nebo kamp opgeslaan.

48. Hulle het die Abarimberge verlaat en op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo kamp opgeslaan.

49. Daar in die Moabsvlakte aan die kant van die Jordaan het hulle oral gekamp vanaf Bet-Jesimot tot by Abel-Sittim.

Roei die inwoners van Kanaän

uit

50. Daar op die Moabsvlakte langs die Jordaan reg teenoor Jerigo het die Here vir Moses gesê:

51. “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: As julle die Jordaan oorsteek, is julle in die land Kanaän.

52. Julle moet almal wat daar woon uit die land verdryf. Vernietig al die afgodsbeelde wat hulle vir hulle uitgekerf en gegiet het. Verwoes al hulle offerhoogtes.

53. Neem die land in besit en gaan woon daar. Ek gee die land sodat julle dit kan besit.

54. Verdeel die land volgens die grootte van elke stam deur die lot te werp. Gee meer grond vir ’n groter groep, en minder vir ’n kleiner groep. Soos die lot dit uitwys, moet elkeen sy deel kry. So sal elke stam sy eie grond hê.

55. Die inwoners van die land wat julle nie uitdryf nie, sal soos splinters in julle oë en soos dorings in julle sye wees. Hulle sal met julle baklei omdat julle in die land woon.

56. Ek sal dan met julle maak wat Ek met hulle wou maak!”