Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 32:1-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die stamme van Ruben en Gad het groot troppe vee gehad. Hulle het gesien dat die streke by Jaser en Gilead goeie weidingsgebied was vir hulle vee.

2. Die mense van Gad en Ruben het toe na Moses, die priester Eleasar en die leiers gekom en vir hulle gesê:

3. “Die Here het die streke Atarot, Dibon, Jaser, Nimra, Gesbon, Elale, Sibma, Nebo en Baäl-Meon

4. vir die volk van Israel verower. Dit is goeie veewêreld. Ons het baie vee.

5. As julle saamstem,” het hulle gesê, “gee dan eerder vir ons hierdie gebied as grond in plaas daarvan dat ons deurtrek en grond aan die oorkant van die Jordaan gaan beset.”

6. Moses sê toe vir die Gadiete en Rubeniete: “Moet julle broers dan gaan oorlog maak en julle bly ewe rustig hier?

7. Waarom wil julle die ander Israeliete terughou om oor te trek na die land wat die Here vir hulle sal gee?

8. Dit is presies wat julle voorouers gedoen het toe ek hulle van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan bekyk.

9. Nadat hulle deur die Eskolspruit gegaan het en die land verken het, het hulle die Israeliete probeer terughou om nie na die land toe te gaan wat die Here vir hulle sou gee nie.

Lees volledige hoofstuk Numeri 32