Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 30:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Moses het die stamleiers van Israel bymekaargekry. Hy het vir hulle gesê: “Hier is die Here se voorskrifte oor geloftes:

2. Iemand wat aan die Here ’n gelofte maak, of hom met ’n eed verbind, mag nooit sy woord verbreek nie. Hy moet presies doen wat hy beloof het.

3. “’n Jong meisie wat nog in haar ouerhuis bly, kan ’n gelofte aan die Here maak, of ’n belofte aflê.

4. As haar pa hoor van die gelofte wat sy afgelê het, of van die belofte wat sy gemaak het, en hy maak nie daarteen beswaar nie, staan die gelofte en die onderneming vas.

5. As haar pa dit egter teenstaan op die dag waarop hy daarvan hoor, is die geloftes of die verpligtings wat sy op haar geneem het, nietig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie. Hy sal haar vergeef, want haar pa het dit afgekeur.

Lees volledige hoofstuk Numeri 30