Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Op daardie dag bring julle ’n brandoffer wat vir die Here vreugde gee. Dit bestaan uit ’n gesonde jong bul, ’n gesonde ram en sewe gesonde lammers van ’n jaar oud.

3. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel,

4. en saam met elkeen van die sewe lammers een en ’n half kilogram meel.

5. Daarmee saam moet julle ook nog ’n bokram as sonde-offer bring om versoening vir julle te bring.

6. Hierdie offers is bo en behalwe die maandelikse en die gereelde brandoffer wat saam met die graanoffer en die drankoffers gebring word. Dit is ’n vuuroffer vir die Here wat vir Hom vreugde gee.”

7. “Tien dae later gedurende die sewende maand, moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle moet dan julle self verootmoedig. Op daardie dag mag julle geen werk doen nie.

8. Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring wat vir Hom vreugde gee. Dit moet bestaan uit ’n jong bul, ’n ram en sewe lammers van ’n jaar oud. Hulle moet almal gesond wees.

9. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel,

10. en saam met elkeen van die sewe lammers een en ’n half kilogram meel.

11. Julle moet ook nog ’n bokram as sonde-offer bring bo en behalwe die sonde-offer wat julle vir versoening bring saam met die gereelde brandoffer, die graanoffer en die drankoffer.”

12. “Vyf dae later moet julle ’n gewyde byeenkoms hou. Julle mag dan nie met julle gewone werk aangaan nie. Julle moet dan vir sewe dae lank die Huttefees vier tot eer van die Here.

13. Op daardie dag moet julle ’n buitengewone brandoffer tot vreugde van die Here bring. Dit is ’n vuuroffer van dertien jong bulle, twee ramme en veertien lammers van ’n jaar oud. Almal moet gesond en sonder tekortkomings wees.

Lees volledige hoofstuk Numeri 29