Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 29:1-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Die Fees van die Trompette word in die vroeë herfs gevier. Daardie dag moet julle bymekaarkom vir ’n gewyde byeenkoms. Julle mag nie met julle gewone werk aangaan nie. Op daardie dag moet die trompette geblaas word.

2. Op daardie dag bring julle ’n brandoffer wat vir die Here vreugde gee. Dit bestaan uit ’n gesonde jong bul, ’n gesonde ram en sewe gesonde lammers van ’n jaar oud.

3. Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van vyf kilogram meel met olie gemeng, saam met die ram drie kilogram meel,

4. en saam met elkeen van die sewe lammers een en ’n half kilogram meel.

5. Daarmee saam moet julle ook nog ’n bokram as sonde-offer bring om versoening vir julle te bring.

6. Hierdie offers is bo en behalwe die maandelikse en die gereelde brandoffer wat saam met die graanoffer en die drankoffers gebring word. Dit is ’n vuuroffer vir die Here wat vir Hom vreugde gee.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 29