Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 27:15-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

15. Moses het vir die Here gesê:

16. “Here, God wat asem gee aan alles wat leef, wys asseblief tog ’n nuwe persoon aan vir die gemeenskap.

17. “Laat dit iemand wees wat hulle kan lei sodat die gemeenskap van die Here nie leierloos word soos skape wat nie ’n herder het nie.”

18. Die Here het vir Moses geantwoord: “Vat Josua, die seun van Nun. God se Gees is in hom. Sit jou hande op hom.

19. Laat hom voor Eleasar die priester en voor die hele gemeenskap gaan staan. Gee hom dan die opdrag om hulle te lei.

20. Dra jou gesag aan hom oor sodat al die Israeliete na hom sal luister.

21. Hy sal saam met die priester Eleasar werk. Wanneer hy oor ’n saak moet beslis, sal Eleasar met die lot die wil van God bepaal. So sal Josua en die gemeenskap van Israel weet wat hulle moet doen.”

22. Moses het gemaak soos die Here vir hom gesê het. Hy het Josua laat kom en hom aan die priester en die volk voorgestel.

Lees volledige hoofstuk Numeri 27