Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24:18-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Edom sal oorwin word. Seïr sal oorlogsbuit word vir sy vyande. Israel sal met mag oorwin.

19. Uit Jakob sal ’n heerser opstaan.Hy sal hullewat oorbly in die stad, vernietig.”

20. Bileam het na Amalek gekyk en hierdie boodskap oor hom gebring: “Amalek was die grootste onder die volke.Sy einde is om vernietig te word.”

21. Hy het na die Keniete gekyk en die volgende boodskap gebring: “Jou blyplek is veilig. Jou skuiling is tussen die rotse.

22. Kain sal egter verwoes word wanneer die Assiriërs kom om jou gevange te neem.”

23. Bileam het nog een boodskap gehad: “Wie sal kan bly leef wanneer God dit alles laat gebeur?

24. Skepe sal van Siprus af kom, en sal Assirië en Eberonderwerp. Teen die einde sal hulle self verwoes word.”

25. Bileam het toe huis toe gegaan. Balak het sy eie koers ingeslaan.

Lees volledige hoofstuk Numeri 24