Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:7-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hy het die boodskap oorgedra:“Van Aram af het Balak my laat kom. Die koning van Moab het my laat kom vanaf die berge in die ooste. Hy het gesê: Kom! Kom vervloek Jakob vir my! Kom kondig Israel se ondergang aan!

8. Hoe kan ek hulle vervloek vir wie God nie vervloek het nie? Hoe kan ek ondergang voorspel vir hulle vir wie die Heredit nie gedoen het nie?

9. Ek sien hulle van bo van die kranse af. Bo van die heuwels af hou ek hulle dop. Ek sien ’n volk wat op hulle eie is,wat by die nasies nie getel word nie.

10. Wie kan Jakob se nageslag tel?Wie kan selfs ’n kwart van Israel tel? Mag ek as ’n regverdige sterf. Mag my dae soos hulle s’n eindig.”

11. Balak vra toe vir Bileam: “Wat maak jy met my? Ek het jou gebring om my vyand te vervloek, maar jy staan en seën hulle!”

12. Bileam het geantwoord: “Ek kan net dit sê wat God my meegedeel het.”

13. Balak sê toe vir hom: “Kom saam met my na ’n ander plek toe. Jy sal van daar af ’n deel van die Israeliete kan sien. Vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom na die top van die Pisgaberg in die vlakte van Sofim toe gevat. Daar het hy sewe altare gebou. Op elkeen het hy ’n bul en ’n ram geoffer.

15. Bileam sê toe vir Balak: “Staan net so hier by jou brandoffers. Ek sal die Here daar anderkant ontmoet.”

Lees volledige hoofstuk Numeri 23