Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:10-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Wie kan Jakob se nageslag tel?Wie kan selfs ’n kwart van Israel tel? Mag ek as ’n regverdige sterf. Mag my dae soos hulle s’n eindig.”

11. Balak vra toe vir Bileam: “Wat maak jy met my? Ek het jou gebring om my vyand te vervloek, maar jy staan en seën hulle!”

12. Bileam het geantwoord: “Ek kan net dit sê wat God my meegedeel het.”

13. Balak sê toe vir hom: “Kom saam met my na ’n ander plek toe. Jy sal van daar af ’n deel van die Israeliete kan sien. Vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom na die top van die Pisgaberg in die vlakte van Sofim toe gevat. Daar het hy sewe altare gebou. Op elkeen het hy ’n bul en ’n ram geoffer.

15. Bileam sê toe vir Balak: “Staan net so hier by jou brandoffers. Ek sal die Here daar anderkant ontmoet.”

16. Die Here het Bileam ontmoet. Hy het vir hom nog ’n boodskap gegee. Hy het vir hom gesê: “Gaan terug na Balak en gee vir hom hierdie boodskap.”

17. Hy is toe terug na Balak toe. Hy het saam met sy amptenare by sy brandoffer gestaan. “Wat sê die Here?” het Balak vir hom gevra.

18. Hy het toe die boodskap gebring: “Staan op, Balak! Luister! Hoor mooi wat ek vir jou sê, seun van Sippor!

19. God is nie ’n mens dat Hy sal lieg nie. Hy is nie ’n mens wat ‘ekskuus’ sal sê nie.Het Hy al ooit iets gesê wat Hy nie gedoen het nie? Het Hy iets belowe wat Hy nie nagekom het nie?

20. Ek het die opdrag gekry om te seën. Hy het geseën en ek kan dit nie omdraai nie.

21. Hy het vir Jakob nie teëspoed in gedagte nie. Hy het nie moeilikheid in die vooruitsig vir Israel nie. Die Here sy God is by hulle. Hy is koning oor hulle.

22. Hy het hulle uit Egipte bevry. Hy is vir Israel soos die brute krag van ’n bees.

23. Geen voorspelling kan iets doen aan Jakob nie. Geen waarsêery het krag teen Israel nie. Van Jakob sal gesê word:‘Watter wonderlike dinge het God vir Israel gedoen.’

Lees volledige hoofstuk Numeri 23