Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Bileam het vir Balak gesê: “Bou vir my sewe altare op hierdie plek. Jy moet sewe bulle en sewe ramme voorberei om te offer.

2. Balak het gemaak soos Bileam gevra het. Hy en Bileam het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

3. Bileam sê toe vir Balak: “Bly hier staan by die offers wat jy gebring het. Laat ek gaan kyk of die Here my nie miskien wil ontmoet nie. Ek sal vir jou kom sê wat Hy my laat sien het en aan my geopenbaar het.” Bileam het toe op ’n kaal koppie geklim.

4. God het Bileam daar ontmoet. Hy het vir God gesê: “Ek het sewe altare gebou en op elkeen ’n bul en ’n ram geoffer.”

5. Die Here het toe vir Bileam gesê wat hy vir Balak moet sê. Hy het gesê: “Gaan terug na Balak toe en gee vir hom hierdie boodskap.”

6. Toe hy by Balak terugkom, het die koning en al die amptenare van Moab by die brandoffers gestaan.

7. Hy het die boodskap oorgedra:“Van Aram af het Balak my laat kom. Die koning van Moab het my laat kom vanaf die berge in die ooste. Hy het gesê: Kom! Kom vervloek Jakob vir my! Kom kondig Israel se ondergang aan!

8. Hoe kan ek hulle vervloek vir wie God nie vervloek het nie? Hoe kan ek ondergang voorspel vir hulle vir wie die Heredit nie gedoen het nie?

Lees volledige hoofstuk Numeri 23