Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 2:3-4-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3-4. “Juda, Issaskar en Sebulon moet aan die oostekant, waar die son opkom, onder hulle onderskeie vaandels kamp opslaan. Hier is die name van die stamme, hulle leiers en die getalle van hulle weerbare manskappe: Juda se leier is Nagson seun van Amminadab met 74 600 manskappe;

5-6. Issaskar s’n is Netanel seun van Suar met 54 400 manskappe;

7-8. Sebulon s’n is Eliab seun van Gelon met 57 400 manskappe.

9. Die manskappe aan Juda se kant is dus 186 400. Wanneer die kamp versit, moet hierdie stamme eerste begin beweeg.

10-11. “Ruben, Simeon en Gad moet suid van die tabernakel by hulle vaandels kamp opslaan. Hier is hulle stamme, leiers en getalle: Ruben se leier is Elisur seun van Sedeür met 46 500 manskappe;

12-13. Simeon s’n is Selumiël seun van Suri-Saddai met 59 300 manskappe;

14-15. Gad s’n is Eljasaf seun van Reüel met 45 650 manskappe.

16. Almal aan Ruben se kant is altesaam 151 450. Wanneer Israel verder gaan, moet hulle tweede vertrek.

Lees volledige hoofstuk Numeri 2