Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 12:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Mirjam en Aäron het begin om van Moses sleg te praat omdat hy met ’n Kussitiese vrou getrou het.

2. Hulle het gesê: “Die Here praat beslis nie net deur Moses nie. Hy praat ook deur ons.” Die Here het gehoor wat hulle sê.

3. Moses was buitengewoon nederig, meer as enige ander mens op aarde.

4. Die Here het dringend met Moses, Aäron en Mirjam gepraat: “Julle drie moet na die tabernakel toe gaan.” Die drie is toe soontoe.

5. Die Here het in ’n wolkmassa daarnatoe afgekom en by die ingang van die tabernakel gaan staan. Hy het Aäron en Mirjam nadergeroep. Die twee het nadergekom.

6. Die Here het gesê: “Luister wat Ek sê! As daar ’n profeet onder julle is, maak Ek, die Here, My aan hom bekend deur gesigte en praat Ek met hom deur drome.

7. Ek maak nie so met Moses my dienaar nie. Hy is die betroubaarste van al my mense.

Lees volledige hoofstuk Numeri 12