hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 1 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het met Moses by die tabernakel in die woestyn van Sinai gepraat. Dit was in die middel van die lente, in die tweede jaar nadat Israel uit Egipte weg is:

2. “Neem ’n sensus op van al die Israeliete volgens hulle stamme en hulle familiegroepe. Stel ’n lys op met die name van al die weerbare mans

3. bo twintig jaar. Jy en Aäron moet dit doen.

4. Uit elke stam moet ’n leier julle help.

5. “Die name van die mans wat julle moet bystaan uit die onderskeie stamme, is: Stam LeierRuben Elisur seun van Sedeür

6. Simeon Selumiël seun van Suri- Saddai

7. Juda Nagson seun van Ammi- nadab

8. Issaskar Netanel seun van Suar

9. Sebulon Eliab seun van Gelon Josef se seuns:

10. Efraim Elisama seun van Ammi- hudManasse Gamliël seun van Pedasur

11. Benjamin Abidan seun van Gidoni

12. Dan Agiëser seun van Ammi- Saddai

13. Aser Pagiël seun van Okran

14. Gad Eljasaf seun van Reüel

15. Naftali Agira seun van Enan

16. “Dit was die leiers wat uit elke familie gekies is.”

17. Moses en Aäron en die leiers

18. het daardie selfde dag nog die volk bymekaargeroep. Elke man bo twintig jaar is volgens sy stam en familienaam geregistreer.

19. Hulle is daar in die Sinaiwoestyn getel, presies soos die Here vir Moses gesê het.

20. Die mans bo twintig, wat kon gaan veg, was: Stam Getal

21. Ruben, die oudste seun van Israel 46 500

22-23. Simeon 59 300

24-25. Gad 45 650

26-27. Juda 74 600

28-29. Issaskar 54 400

30-31. Sebulon 57 400

32-33. Efraim seun van Josef 40 500

34-35. Manasse seun van Josef 32 200

36-37. Benjamin 35 400

38-39. Dan 62 700

40-41. Aser 41 500

42-43. Naftali 53 400

44. Dit was die getal mans wat kon gaan veg van twintig jaar en ouer, wat Moses en Aäron getel het volgens hulle families.

45. Al die Israeliete bo twintig wat kon gaan veg, is volgens hulle families getel.

46. Hulle was altesaam 603 550.

47. Die Leviete was nie hierby ingesluit nie.

48. Die Here het vir Moses gesê:

49. “Jy moenie die stam van Levi insluit by die res van Israel wanneer jy hulle tel nie.

50. Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die verbond aanstel. Plaas hulle in beheer van al sy meubels en toebehore. Hulle moet dit vervoer wanneer julle trek. Hulle moet ook vir sy toebehore sorg. Hulle moet die tabernakel versorg en daar rondom hulle tente opslaan.

51. Wanneer julle verder trek, moet die Leviete dit elke keer afbreek en weer opslaan. As enigiemand anders daar naby kom, sal hy doodgemaak word.

52. Elke stam moet op sy bepaalde plek gaan staan onder die vaandel van sy afdeling.

53. Die Leviete sal rondom die tabernakel van die verbond kamp opslaan om die Israeliete te beskerm teen die woede van die Here. Die Leviete moet by die tabernakel wag staan.

54. Die Israeliete het presies net so gemaak soos die Here vir Moses gesê het.