Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 12:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Hier volg ’n lys van die priesters en die Leviete wat saam met Serubbabel seun van Sealtiël, en Jesua teruggekom het: Seraja, Jeremia, Esra,

2. Amarja, Malluk, Gattus,

3. Sekanja, Regum, Merajot,

4. Iddo, Ginneton, Abia,

5. Mijamin, Maädja, Bilga,

6. Semaja, Jojarib, Jedaja,

7. Sallu, Amok, Gilkija en Jedaja. Hulle was die hoofde van die priesters en van hulle ampsgenote in die tyd van Jesua.

8. Die Leviete was Jesua, Binnuï, Kadmiël, Serebja, Juda en Mattanja. Mattanja en sy ampsgenote was verantwoordelik vir die lofsang.

9. Hulle medewerkers Bakbukja en Unni het regoor hulle diens gedoen.

10. Jesua was die vader van Jojakim, Jojakim die vader van Eljasib, Eljasib van Jojada;

11. Jojada was die vader van Jonatan en Jonatan die vader van Jaddua.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 12