Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 11:25-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

25. Sommige van die Judeërs in die landelike gebiede met hulle velde het in Kirjat-Arba en in die dorpies daar rondom gewoon. Dit was in Dibon en die omringende gebiede, in Kabseël en die dorpies daar naby,

26. in Jesua, in Molada, in Bet-Pelet,

27. in Gasar-Sual, in Berseba en die omringende dorpies.

28. Verder ook in Siklag, in Mekona en omgewing,

29. in En-Rimmon, in Sora, in Jarmut,

30. in Sanoag en Adullam en die dorpies naby hulle, in Lakis en die omringende oop velde en in Aseka en die dorpies in die omgewing. Hulle was dus gevestig oor die gebied van Berseba af tot by Hinnomdal.

31. Die Benjaminiete het in Geba, Mikmas, Aja, Bet-El en nabygeleë dorpies gewoon.

32. Verder ook in Anatot, Nob, Ananeja,

33. Gasor, Rama, Gittajim,

34. Gadid, Seboïm, Neballat,

35. Lod, Ono en Vakmansdal.

36. Sommige groepe Leviete uit Juda was toegewys om in Benjamin te gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 11