Ou Testament

Nuwe Testament

Nahum 2:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Vyandelike leërs omsingel jou,Nineve!Beman julle wagposte!Hou die paaie dop!Wees slaggereed!Versterk jou met alle mag!

2. Die land Israel lê kaal geplunder, verwoes ná julle invalle.Maar die Here sal weerdie eer en roem van Israel herstel.

3. Die geveg teen Nineve begin.Die son blits rooi op die skilde.Helderrooi is hulle uniforms.Die son blink op die strydwaensgereed vir die geveg,en spiese word rondgeswaai.

4. Die strydwaens jaag roekeloos deur die strate en oor die pleine.Hulle flikker soos fakkels,en blits verby soos weerlig.

5. Die koning beveel sy offisiere,maar hulle struikel in hulle haas.Hulle jaag na die stadsmure om verdedigingslinies op te stel.

6. Te laat, die riviersluise is reeds oop!Die paleis stort weerloos inmekaar!

7. Nineve se ballingskap is seker, en die diensmeisies treur daaroor.Hulle kla soos duiwe wat koer,en gebroke slaan hulleop hulle bors.

Lees volledige hoofstuk Nahum 2