Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 5:7-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Dié van Israel wat oorbly, sal soos ’n sterk leeu tussen die talle volke wees.Die ander volke sal wees soos hulpelose skape, niemand sal hulle kom red nie.

8. Israel sal teen hulle teenstanders in opstand kom,hulle sal al hulle vyande uitroei.

9. Die Here sê: “In dié tyd sal Ekook al jou perde en jou strydwaens vernietig.

10. Ek sal jou mure platslaan en al jou vestings afbreek.

11. Ek sal jou heksery stopsiten jou waarsêers uitroei.

12. Ek sal al jou afgode en jou klippilare vernietig.Jy sal nooit weerjou eie handewerk aanbid nie.

13. Jou gewyde pale vir die vrugbaarheidsgodin sal Ek vernietig en jou stede verwoes.

14. Ek sal in woede wraak neem op al die nasies wat weier om My te gehoorsaam.”

Lees volledige hoofstuk Miga 5